Wednesday, August 19, 2009

Boedapest, Wene en Salzburg

Boedapest, Wene en Salzburg
5 – 13/15 Julie 2010
Met Passiespel: ±R32 785
Sonder Passiespel: ±R23 980
Christine van Wyk-Toere neem jou op hierdie toer na ‘n kombinasie van indrukwekkende stede met eeue-oue geboue, pragtige natuur en ongelooflike musiek.
Ons besoek nie net drie van die wêreld se mooiste stede nie, ons ervaar ook drie kulture wat 'n enorme uitwerking op die sentrale deel van Europa gehad het.
Die toer begin in Boedapest, hoofstad van Hongarye, met 'n bootvaart op die Donau en 'n heerlike aandete terwyl jy die pragtig verligte stad van die rivier af bewonder.
Die volgende dag se stadstoer neem ons verby die wêreld se naasgrootste parlementsgebou. Jy besoek ook die historiese Mathias-kerk met die ruiterstandbeeld van die eerste Hongaarse koning, en die indrukwekkende Heldeplein.
Toerlede het volop geleentheid vir inkope in die groot mark of in talle winkeltjies. In die aand word die besoek aan Boedapest afgesluit met 'n folklorevertoning in 'n tipies Hongaarse restaurant met tradisionele musiek, sang en danse.
Wene is volgende aan die beurt met sy pragtige paleise, skitterende beeldegroepe en weelderige tuine. Ons sien die Schönbrunn-paleis met sy indrukwekkende tuin en woon 'n Mozart-Strauss-konsert in die beroemde Hofburg-teater by – 'n belewenis wat 'n mens nooit vergeet nie.
Op pad na Salzburg vertoef ons by Steyr, die bes bewaarde middeleeuse dorpie in Oostenryk. ‘n Stadstoer in Salzburg en 'n reis daarna na die Salzkammergut is volgende – ons beleef die natuurprag van Oostenryk se belangrikste vakansie-plekke. Een van die interessante plekke wat ons besoek, is die kerkie in Mondsee waar Maria in die rolprent The Sound of Music met kapt. Von Trapp getroud is.
Een van ons hoogtepunte van die toer is ‘n Mozart-dinee waartydens die kunstenaars kleredrag uit die Mozart-era dra.
Ons besoek aan Hitler se beroemde Arendsnes hoog in die Beierse berge is ‘n sprokiesmooi ervaring. Die vesting en pad daarheen is 'n ingenieurswonder.
Oberammergau en die tienjaarlikse Passiespel-geleentheid is ‘n belewenis wat die uitbeelding van Christus se lyding en dood bring tot voor ons toerlede – ons Passiespel-kaartjies is van die beste beskikbaar
Op pad na München vir die terugvlug huis toe, en indien ons tyd dit toelaat, besoek ons Neuschwanstein, een van Koning Ludwig II se sprokiesmooi kastele.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678




Amsterdam, Brussel en Parys

Amsterdam, Brussel en Parys
1 – 11/13 September 2010
Met Passiespel: ±R30 980
Met Passiespel en verlengingsopsie: ±R35 590
Sonder Passiespel en verlengingsopsie: ±R25 485

Op hierdie toer neem Christine van Wyk-Toere jou na Amsterdam, Brussel en Parys, ons dek van die mooiste dele van Wes-Europa en ons besoek die Passiespel in Oberammergau. Salzburg en die Salzkammergut kan ingesluit word met ’n verlenging van die toer.
Ons toer begin in Amsterdam, die stad met meer kilometer water en tien keer meer brûe as die Italiaanse waterstad,Venisië. Ons sien die beste van hierdie stad met ‘n Kanaalvaart. Daar is ook geleentheid vir inkope en 'n opsionele besoek aan een van die talle museums.
'n Busrit oor Delft en Den Haag neem ons na die pragtige Brugge in België, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied met kronkelende voetgangerstraatjies, dekoratief gerestoureerde gewel-huisies en sierlike toringkerke.
In Brussel besoek ons onder meer die historiese markplein met sy indrukwekkende Gotiese stadsaal. Die plein word beskou as een van Europa se mooistes.
Die eerste besoekpunt in Parys is die Eifeltoring. Ons stadstoer neem ons verby die Louvre, die katedraal Notre-Dame en die Arc de Triomphe. Daar is ook tyd vir 'n opsionele uitstappie na die Versailles-paleis met sy pragtige tuin.
Van Parys reis ons met 'n onvergeetlike roete oor Freiburg na die Swartwoud en die dorpie Titisee en dan na Oberammergau vir die Passiespel.
Ons is op 11 September terug in Suid-Afrika.
Toerlede wat die toer wil verleng, kan van Oberammergau af na Salzburg reis. Op pad na Salzburg besoek jy dan Hitler se beroemde Arendsnes wat met 'n ongelooflike bergpas – 'n ingenieurswonder – bereik word.
In die Mozart-stad, Salzburg, onderneem ons 'n staptoer. Al die belangrikste besienswaardighede is binne stapafstand van mekaar.
Ons gaan kuier ook by die Salzkammergut, Oostenryk se belangrikste toeriste-area. Sneeubedekte bergtoppe, groen berghange, uitgestrekte woude, diepblou mere, pragtige ou kastele en sprokiesdorpies teen die berghange en in die valleie is prentjies wat jou ewig sal bybly.
Ons sluit ons toer af met 'n Mozart-dinee in Salzburg, waartydens kunstenaars klere uit die Mozart-era dra.
Indien vlugtye ons toelaat, reël ons ‘n kort besoek aan Neuschwanstein, koning Ludwig II se sprokieskasteel.
Die groep wat die verlenge toer kies, is op 13 September terug in Suid-Afrika.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/













Frankryk, Italië, Oostenryk en Duitsland

Frankryk, Italië en Oostenryk
12 – 26/28 September 2010
Met Passiespel: ±R46 450
Sonder Passiespel: ±R36 560

Hierdie ongelooflike toer van Christine van Wyk-Toere neem jou na die pragtige Franse platteland, verskeie van Italië se belangrikste stede met hul besienswaardighede, die Mozart-stad Salzburg en Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel.
Ons toer begin in Nice en St Paul de Vence in die platteland van Provence. Dan volg die Franse Riviera, Monaco en Italië - die land met die meeste UNESCO-wêrelderfenisgebiede.
Die Italiaanse Riviera se Cinque Terre-natuurgebied, waar vyf klein dorpies skilderagtig teen die rotshange vasklou, is ‘n belewenis.
Die leunende toring van Pisa is een van die wêreldberoemde besienswaardighede waar ons tyd sal spandeer. In Florence verwonder ons ons aan die St Maria-domkerk wat 20 000 mense kan akkommodeer. 'n Absolute hoogtepunt is die opsionele besoek aan Michelangelo se Dawid-beeld.
Ons ry deur die skilderagtige Toskaanse platteland na Verona, die idilliese dorpie waar die tragedie van Romeo en Juliet volgens oorlewering afgespeel het, en dan na die sinkende Venesië, menige toeris se droomstad.
Van Venesië ry ons oor die Grossglockner-pas, een van Europa se allermooiste roetes, na Kaprun in Oostenryk. Ons besoek ook Hitler se Arendsnes – die pad daarheen is 'n manjefieke bergpas, wat deur menige as 'n ingenieurswonder beskryf word.
In die Mozart-stad Salzburg stap ons deur die Mirabell-tuin, die middeleeuse Getreidegasse (koopstraatjie), verby Mozart se geboortehuis, oor die Mozart-plein tot by die indrukwekkende katedraal. Bokant ons troon die grootste middeleeuse kasteel in Europa wat in sy geheel bewaar gebly het.
Die toergroep bring 'n volle dag in die Salzkammergut deur. Dit is Oostenryk se belangrikste vakansie- en ontspanningsarea en 'n paradys vir die natuurliefhebber. Ons besoek onder meer Hallstatt, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Ons geniet ook 'n Mozart-konsert/ete waartydens die kunstenaars tradisionele klere uit die Mozart-tyd dra.
Die toer sluit af met 'n besoek aan Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel. Dit is 'n belewenis om te sien hoe hierdie Beierse dorpie se inwoners hul gelofte aan God uitleef met die uitbeelding van die lyding en dood van Christus.
Indien die tyd dit toelaat, besoek ons op pad lughawe toe, die prentjiemooi Neuschwanstein, koning Ludwig II se sprokieskasteel.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan ook Christine van Wyk-Toere se toere meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

Praag, Salzburg en Zermatt

Praag, Salzburg en Zermatt
11 – 23 Julie 2010
Slegs gekombineer met Passiespel : ±R35 980

Kom toer saam met Christine van Wyk-Toere na Tsjeggië se mooiste stad, Praag, die musiekstad Salzburg en die betowering van Zermatt, sprokiesdorp aan die voet van die Matterhorn in Switserland.
Ons neem jou op 'n Europese toer wat die verbeelding aangryp. Die toer sluit ook die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau in, waar die lyding en dood van Christus uitgebeeld word.
Praag is bekend as die stad van honderd torings. Tydens ons besoek kuier ons by die Praag-kasteel, die ou middestad met sy kolossale horlosie, die plein met die Hervormer Johannes Huss se standbeeld en die Karlsbrug, 'n pronkstuk oor die Vltava-rivier. Daar is tyd vir inkope (pragtige Boheemse glas) en geleentheid vir 'n opsionele musiekkonsert in die aand.
Christine van Wyk-Toere neem jou van Praag oor die middeleeuse dorpie Cesky Krumlov, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied, na Salzburg. Die grootste middeleeuse kasteel in Europa wat heeltemal bewaar gebly het, troon bo hierdie pragtige stad uit.
Ons sien Salzburg se belangrikste toeriste-aantreklikhede en bring 'n volle dag deur in die verruklik mooi Salzkammergut, 'n vakansie-streek wat deur koning Franz Josef beskryf is as 'n "aardse paradys".
Die dorpies wat ons hier besoek, is Hallstatt, 'n Wêrelderfenisgebied, en Mondsee, waar ons die kerkie sien waarin Maria in die rolprent The Sound of Music met kapt. Von Trapp getroud is.
Ons woon ook 'n Mozart-dinee by waartydens kunstenaars kleredrag uit die Mozart-era dra.
Op pad na Oberammergau vir die bywoning van die tienjaarlikse Passiespel, besoek ons Hitler se Arendsnes, 'n vesting in die Beierse Alpe van waar 'n mens 'n ongelooflike uitsig het.
Ná Oberammergau ry ons na Chur in Switserland. Dit is die wêreld van die kinderverhaal Heidi. Daarvandaan ry ons per trein na Zermatt. Hierdie bergdorpie, waar geen gewone voertuie toegelaat word nie, is prentjiemooi teen die agtergrond van Switserland se landmerk, die Matterhorn. Ons kan per sweefspoor of met 'n tandratspoor die berge uit.
Ons keer via Genève of Zürich na Suid-Afrika terug.
Gebruik hierdie geleentheid om drie van Europa se mooiste lande te sien. Skakel Christine van Wyk-Toere vandag nog.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

Friday, August 14, 2009

Passiespel 2010 en Toerprogram

PASSIESPEL 2010
WAAROOR DIE PASSIESPEL GAAN (For English click here)

Gedurende die veertiende en agtiende eeu het die skadu van die SWART DOOD, die mees gevreesde pes, gereeld oor Europa gehang. Stede, dorpe en gemeenskappe het alle moontlike voorsorgmaatreëls getref om die verspreiding daarvan aan bande te lê. Daar is selfs pes-wagters aangestel om te keer dat die pes hulle geledere binnesypel.
Teen die einde van die sewentiende eeu het die donker wolke van die Swart Dood weer oor Europa saamgepak en duisende lewens geëis. Oberammergau het talle pes-wagters aangestel, en vreemdelinge en besoekers is verbied om hul dorpie binne te kom.
Kasper Schisler, 'n boorling van Oberammergau, het elders gewerk. Op die derde Sondag van Oktober 1632 was daar 'n groot kerktoewydingsfees, en hy wou bitter graag by sy familie wees. Hy het die wagters gefnuik en hom op 18 Oktober 1632 stilletjies by sy familie aangesluit.
Kort daarna het hy siek geword en gesterf. Maar die kwaad was gedaan. Daarna het talle mense siek geword en gesterf. Ten einde raad het die leiers in die destydse kerk saamgekom en eenparig besluit om 'n gelofte aan God te doen om die lyding van Christus elke tien jaar deur middel van 'n opvoering uit te beeld indien die plaag sou verdwyn. Die plaag het verdwyn.
Die Oberammergauers was getrou aan hulle gelofte. In 1634 is die eerste Passiespel opgevoer. Daarna, ten spyte van kwaai teenslae, oorloë en ander ernstige beproewinge, het hulle voortgegaan om die boodskap van die lyding en sterwe van Christus aan die wêreld te bring. Dit het in gewildheid toegeneem. Derduisende mense van oor die hele wêreld woon elke tiende jaar hierdie aangrypende Passiespel by wat van Mei tot September vyf keer per week aangebied word.
Uit die voorwoord van een van hulle teksboeke die volgende aanhaling: "Mag hierdie vertoning van die lyding en sterwe van Jesus 'n hartgrondige geestelike ervaring wees vir almal wat dit sien!"

-oOo-

Ons gee hiermee 'n kort opsomming van die Passiespel-toere wat ons vir 2010 beplan. Volledige toerprogramme sal op aanvraag beskikbaar wees.
Aangesien dit weens verskeie faktore baie moeilik is om toerpryse so lank vooruit akkuraat vas te stel, gee ons 'n aanduiding van die verwagte toerpryse. Faktore soos die wisselkoers, petrol- en vliegkaartjiepryse, wat eers 'n jaar vooruit vasgestel word, kan die toerpryse opwaarts of afwaarts beïnvloed.
Die koste van die Passiespel-pakkette, soos in die toere ingewerk, met twee nagte akkommodasie in Oberammergau plus die Passiespel (Kategorie 1A- & 1-kaartjies) is €729 en €635 onderskeidelik. Drie uitgebreide maaltye is ingesluit op die bootvaarte en twee op die bustoere. Verder is verskeie konserte en uitstappies by sekere van die toere se toerprys ingesluit. In sommige gevalle bedra dit tot €230.

RYNVAART
3 – 16/18 Mei 2010
Met Passiespel: ±R38 820
Sonder Passiespel: ±R26 930

03/05: Johannesburg / Amsterdam
04/05: Amsterdam / Zaanse Schans / boot
05/05: Amsterdam, Keukenhof en Kanaalvaart
06/05: Volendam
07/05: Keulen
08/05: Koblenz
09/05: Cochem
10/05: Boppard
11/05: Rüdesheim
12/05: Speyer
13/05: Stasbourg
14/05: Breisach / Swartwoud
15/05: Basel / Oberammergau
16/05: Oberammergau (Passiespel 2010)
17/05: Oberammergau / München / Johannesburg
18/05: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/
Kyk foto's van ons vorige Ryntoer een 2008

RYN EN SWITSERLAND
3 - 25 Mei 2010
Met Passiespel : ±R47 720
Sonder Passiespel : ±R38 270

17/05: Oberammergau / Beatenberg
17/05 – 23/05 Beatenberg (7/9 nagte) Opsionele toere.
24/05: Beatenberg / Zürich / Johannesburg
25/05: Johannesburg

SWITSERLAND
Met Passiespel: 16 – 29 Mei 2010 - ±R28 280
Sonder Passiespel: 14 – 25 Mei 2010 - ±R19 480

16/05: Johannesburg / Zurich
17/05: Zurich / Beatenberg
17/05 – 25/05 (9 nagte) Opsionele toere
26/05: Beatenberg / Oberammergau
27/05: Oberammergau (Passiespel 2010)
28/05: Oberammergau / München / Johannesburg
29/05: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

BRITTANJE
13 Mei – 1 Junie 2010
Met Passiespel: ±R48 200
Sonder Passiespel: ±R36 800

13/05: Johannesburg / Londen
14/05: Aankoms Londen, stadstoer
15/05: Londen / Salisbury / Bath / Swansea
16/05: Swansea / Pembroke / Roslare / Waterford
17/05: Waterford / Cork
18/05: Cork / Ring of Kerry / Limerick
19/05: Limerick / Dublin
20/05: Dublin / Eiland Anglesey / Betws-y-Coed
21/05: Betws-y-Coed
22/05: Betws-y-Coed / Mere-distrik / Ambleside
23/05: Ambleside / Glasgow
24/05: Glasgow / Oban
25/05: Oban via Fort William, Fort August, Loch Ness na Inverness
26/05: Inverness / Pitlochry / Stirling
27/05: Stirling / Edinburg
28/05: Edinburg stadstoer
29/05: Edinburg / München / Oberammergau
30/05: Oberammergau (Passiespel 2010)
31/05: Oberammergau / München / Johannesburg
01/06: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

ISRAEL EN EGIPTE
18 Mei – 1 Junie 2010
Met Passiespel: ±R37 975.
Sonder Passiespel: ±R23 450

18/05: Johannesburg / Kaïro
19/05: Kaïro
20/05: Kaïro / Sinaï
21/05: Sinaï / Eilat
22/05: Dooie See / Massada / Jerusalem
23/05: Jerusalem stadstoer
24/05: Jerusalem, Bethlehem
25/05: Jerusalem / Tiberias
26/05: Bootvaart See van Galilea, Kapernaum
27/05: Tiberias / Tel Aviv / Kaïro
28/05: Kaïro / München
29/05: München / Oberammergau
30/05: Oberammergau (Passiespel 2010)
31/05: Oberammergau / München / Kaïro / Johannesburg
01/06: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

ROMANTIESE ROETE
11 – 19 Junie 2010
Slegs gekombineer met Passiespel: ±R30 990

11/06: Johannesburg / Frankfurt
12/06: Frankfurt / Rüdesheim / Rynvaart / Heidelberg / Wiesloch
13/06: Swartwoud / Konstanz
14/06: Neuschwanstein / Oberammergau
15/06: Oberammergau (Passiespel 2010)
16/06: Oberammergau / Neurenberg
17/06: Rothenburg
18/06: Würzburg / Frankfurt / Johannesburg
19/06: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

MIDDELLANDSE SEE-VAART
4 – 11/15/17 Junie 2010
Met Passiespel: ±R37 200
Sonder Passiespel met Venesië: ±R26 880
Slegs Bootvaart : ±R24 050

04/06: Johannesburg – Venesië
05/06: Aankoms Venesië, inskeping / Split (Kroasië)
06/06: Split
07/06: Corfu
08/06: Athene
09/06: Mykonos
10/06: Katakolon
11/06: Katakolon / Venesië
12/06: Venesië
13/06: Venesië / Grossglockner-pas / Kaprun
14/06: Kaprun / Innsbruck / Oberammergau
15/06: Oberammergau (Passiespel 2010)
16/06: Oberammergau / Neuschwanstein / München / Johannesburg
17/06: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

RUSLAND-BOOTVAART
21 Junie – 4/6 Julie 2010
Met Passiespel: ±R43 485
Sonder Passiespel : ±R28 920

22/06: Johannesburg / Moskou
23/06: Aankoms Moskou, inskeping op die boot
24/06: Moskou stadstoer, besoeke aan Kremlin, Armoury en Rooiplein
25/06: Moskou, ondergrondse treinstasies en Arbatt-straat
26/06-30/06: Bootvaart van Moskou na St. Petersburg
01/07: St. Petersburg stadstoer, St. Isaac-katedraal, Hermitage-museum
02/07: St. Petersburg, Peterhoff, folklore-vertoning
03/07: St. Petersburg / München / Oberammergau
04/07: Oberammergau (Passiespel 2010)
05/07: Oberammergau / Neuschwanstein / München / Johannesburg
06/07: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

BOEDAPEST / WENE / SALZBURG
5 – 13/15 Julie 2010
Met Passiespel: ±R32 785
Sonder Passiespel: ±R23 980

05/07: Johannesburg / Boedapest
06/07: Aankoms Boedapest, bootvaart en aandete op Donau
07/07: Boedapest stadstoer, folklore-vertoning
08/07: Boedapest / Wene, Mozart en Strauss-konsert
09/07: Wene stadstoer, Schönbrunn-paleis
10/07: Wene / Steyr / Salzburg
11/07: Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
12/07: Salzburg / Oberammergau
13/07: Oberammergau (Passiespel 2010)
14/07: Oberammergau / Neuschwanstein / München / Johannesburg
15/07: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

PRAAG / SALZBURG / ZERMATT
11 – 23 Julie 2010
Slegs gekombineer met Passiespel : ±R35 980

11/07: Johannesburg / Praag
12/07: Aankoms Praag
13/07: Praag stadstoer
14/07: Praag / Český Krumlov / Salzburg
15/07: Salzkammergut
16/07: Salzburg stadstoer, Mozart-aandete en konsert
17/07: Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
18/07: Oberammergau (Passiespel 2010)
19/07: Oberammergau / Chur
20/07: Per Alpetrein vanaf Chur na Zermatt
21/07: Zermatt
22/07: Zermatt / Zürich / Johannesburg
23/07: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

EUROPESE PRESTIGE-TOER 1
31 Julie – 12/16 Augustus 2010
Met Passiespel: ±R36 650
Met verlengingsopsie: ±R45 980
Sonder Passiespel en verlengingsopsie: ±R25 485

31/07: Johannesburg / Boedapest
01/08: Aankoms Boedapest, bootvaart en aandete op Donau
02/08: Boedapest stadstoer, folklore-vertoning
03/08: Boedapest / Wene, Mozart en Strauss-konsert
04/08: Wene stadstoer
05/08: Wene / Praag, besoek Praag-kasteel en St Vitus-katedraal
06/08: Praag stadstoer
07/08: Praag / Český Krumlov / Salzburg
08/08: Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
09/08: Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
10/08: Oberammergau (Passiespel 2010)
11/08: Oberammergau / Neuschwanstein / München / Johannesburg
12/08: Johannesburg
Verlengingsopsie:
11/08: Oberammergau / Neuschwanstein / Chur
12/08: Chur / Zermatt (Alpetrein deur Switserse natuurskoon)
13/08: Zermatt / Chamonix
14/08: Chamonix, Mont Blanc
15/08: Chamonix / Genève / Johannesburg
16/08:Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

SALZBURG
5 – 12 Augustus 2010
Word slegs met Passiespel aangebied: ±R27 520

05/08: Vertrek van Suid Afrika
06/08: Munchen / Salzburg
07/08: Salburg stadstoer / Königsee
08/08: Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
09/08: Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
10/08: Oberammergau (Passiespel 2010)
11/08: Oberammergau/Neuschwanstein/München
12/08: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

EUROPESE PRESTIGE-TOER 2 (Volbespreek)
14 – 26/30 Augustus 2010
Met Passiespel : ±R36 650
Met verlengingsopsie : ±R45 980
Sonder Passiespel en verlengingsopsie : ±R25 485

14/08: Johannesburg / Boedapest
15/08 : Aankoms Boedapest, bootvaart en aandete op Donau
16/08: Boedapest stadstoer, folklore-vertoning
17/08: Boedapest / Wene, Mozart en Strauss-konsert
18/08: Wene stadstoer
19/08: Wene / Praag, besoek Praag-kasteel en St Vitus-katedraal
20/08: Praag stadstoer
21/08: Praag / Český Krumlov / Salzburg
22/08 : Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
23/08 : Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
24/08 : Oberammergau (Passiespel 2010)
25/08: Oberammergau / Neuschwanstein / München / Johannesburg
26/08: Johannesburg
Verlengingsopsie:
25/08: Oberammergau / Neuschwanstein / Chur
26/08: Chur / Zermatt (Alpetrein deur Switserse natuurskoon)
27/08: Zermatt / Chamonix
28/08: Chamonix, Mont Blanc
29/08: Chamonix / Genève / Johannesburg
30/08:Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

AMSTERDAM, BRUSSEL, PARYS
1 – 11/13 September 2010
Met Passiespel: ±R30 980
Met Passiespel en verlengingsopsie: ±R35 590
Sonder Passiespel: ±R25485

01/09: Johannesburg / Amsterdam
02/09: Amsterdam stadstoer
03/09: Amsterdam / Brugge
04/09 : Brugge / Brussel
05/09 : Brussel stadstoer / Parys
06/09 : Parys stadstoer
07/09 : Parys / Freiburg
08/09 : Freiburg / Swartwoud / Oberammergau
09/09 : Oberammergau (Passiespel 2010)
10/09 : Oberammergau / Neuschwanstein / München
11/09: Johannesburg
Verlengingsopsie:
10/09: Oberammergau / Hitler se Arendsnes / Salzburg
11/09: Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
12/09: Salzburg / München / Johannesburg
13/09: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

TURKYE en ISRAEL
September
Turkye is die land waar Oos en Wes ontmoet. Hier ontdek jy die hartlikheid van vandag se Turke en word jy meegevoer na oeroue beskawings waar die verhaal van die mens in Anatolië begin, nog lank voor Abraham en Noag hier gewoon het.
Die toer word aangebied deur ds. Peet Grobbelaar van Moreletapark. Die toerprogram en prys sal later bekend wees. Indien u belangstel, kan u Christine van Wyk-Toere skakel, wat die Passiespel-deel van die toer reël, of ds. Grobbelaar bel by: 082 964 8894.
Epos: info@toere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/

KROASIЁ
9 – 23 September 2010
Met Passiespel: ±R37 790.
Sonder Passiespel: ±R27 560

09/09: Johannesburg / Zagreb
10/09: Aankoms Zagreb
11/09: Zagreb stadstoer / Plitvice
12/09: Plitvice Watervalle
13/09: Plitvice / Dubrovnik
14/09: Dubrovnik stadstoer
15/09: Dubrovnik / Korcula / Split
16/09: Split Stadstoer
17/09: Split / Opatija
18/09: Opatija, Pula en Rovinj
19/09: Opatija / Salzburg
20/09: Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
21/09: Oberammergau (Passiespel 2010)
22/09: Oberammergau / Neuschwanstein / München
23/09: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

FRANKRYK, ITALIË, OOSTENRYK
12 – 26/28 September 2010
Met Passiespel: ±R46 450
Sonder Passiespel : ±R36 560

12/09: Johannesburg /Nice
13/09: Aankoms Nice
14/09: Nice, St Paul de Vence
15/09: Nice / Monaco / Varazze
16/09: Varazze / Cinque Terre gebied / La Spezia
17/09: Pisa / Florence
18/09: Florence stadstoer
19/09: Florence, Toskaanse platteland, Siena, S Gimignano
20/09: Florence / Verona / Venesië
21/09: Venesië stadstoer
22/09: Venesië / Grossglockner-pas / Kaprun
23/09: Kaprun / Königsee / Arendsnes / Salzburg
24/09: Salzburg, Salzkammergut, Mozart-aandete en konsert
25/09: Salzburg / Hitler se Arendsnes / Oberammergau
26/09: Oberammergau (Passsiespel 2010)
27/09: Oberammergau / Neuschwanstein / München
28/09: Johannesburg
Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

Passiespel kaartjies is ook afsonderlik beskikbaar as jy op jou eie wil toer
Vir meer besonderhede kliek hier: Pakkette
Lees ook ons ander Passiespel blog:- Kliek hier
(For English click here)

Tuesday, August 11, 2009

Maak dit vanjaar 'n Wit Kersfees

Wit Kersfees
16 – 27 Desember 2009 (12 dae)
R25 750

Moeg vir die somerhitte van 'n Suid-Afrikaanse Kersfees, oorvol strande en die nagmerrie van trapsuutjies-verkeer? Los dit. Kies vanjaar Europa in Desember! Dis winter dáár en bitter koud, maar dis 'n onvergeetlike en sprokiesmooi ondervinding.
Ervaar 'n tipiese wit Kersfees met sneeu net waar jy kyk, interessante Kersmarkte, wonderlike musiek en Kersdag in Oberammergau en tussen die Tiroolse berge van Oostenryk.
Naas besoeke aan Wene, Salzburg en Oberammergau besoek ons ook Steyr, die bes bewaarde middeleeuse dorpie in Oostenryk, en die gedenkkapel in Oberndorff naby Salzburg waar die bekende Stille Nag sowat 200 jaar gelede deur 'n plaaslike priester en onderwyser geskryf, gekomponeer en vir die eerste keer uitgevoer is.
In Salzburg is een van die hoogtepunte 'n Mozart-aandete waartydens kunstenaars klere uit die Mozart-era dra.
Op 24 Desember is daar groot pret in Oberammergau: 'n slee-rit met perde in die sneeu! Dieselfde aand geniet die groep 'n groot Kersmaaltyd. Diegene wat wil, kan daarna 'n tradisionele middernagdiens bywoon. Gewoonlik sing 'n koor en orkes wat saam met die Passiespel optree, gedurende die diens.
Kersaand, 25 Desember, hou die groep hul eie Kerspartytjie, waar elkeen 'n geskenkie gee en een kry. Dis groot pret.
Die volgende dag, op pad lughawe toe, doen ons aan by Neuschwanstein, koning Ludwig II se internasionaal bekende kasteel. Dis 'n pragtige gesig om hierdie prentjiemooi gebou in sy wintergewaad te sien – veral wanneer sy torings deur lae miswolke boontoe beur.
Moenie vanjaar se Wit Kersfees-toer, 'n ervaring van 'n leeftyd, mis nie. Skakel Christine van Wyk-Toere en bespreek u plek. Ervare en opgeleide toerleiers vergesel ons toere – mense wat omgee vir elke toerlid.

Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/
Dis 'n toer wat u nie moet mis nie !

Brittanje en die Passiespel 2010

Brittanje
13 Mei – 1 Junie 2010
Met Passiespel: ±R48 200
Sonder Passiespel: ±R36 800
Die toer na Engeland, Wallis, Skotland en Ierland bring u na vier van ons heimat-lande van waar talle van ons voorouers gekom het, met voortsetting na Oberammergau se wêreldberoemde Passiespel.
Die toer begin in die wêreldstad Londen. Daarna reis ons na Wallis, die kleinste van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Van Fishguard af reis ons per veerboot na Rosslare in Ierland.
Die toer word voortgesit na Cobh, Cork, die 'Ring of Kerry' met sy skouspelagtige seetonele, oorhangende rotse, bekoorlike dorpies en helderkleurige plaashuise en na die Killarney Nasionale Park.
In Dublin, hoofstad van Ierland, besoek ons die Trinity College, waar die Boek van Kells te sien is.
'n Veerboot neem ons na die Walliese eiland Anglesey, waar ons die Beaumaris-kasteel besoek. As die weer dit toelaat, onderneem ons 'n treinrit tot op die top van Snowdon-berg, die hoogste punt in Engeland en Wallis.
Ons besoek ook die suidelike Meredistrik van Wallis, die skilderagtige Skotse platteland tot by Glasgow en die Skotse hooglande via Loch Lomond en Oban.
Die volgende dag ry ons met nog 'n asemrowende mooi roete na Stirling. Dié dorp het 'n pragtige 15de-eeuse kasteel waar verskeie Britse konings gebore en gekroon is en wat bekendheid verwerf het by die man op straat deur die film 'Brave Heart' van Mel Gibson.
Daarna besoek ons Edinburg, hoofstad van Skotland, en vertrek vervolgens na München en Oberammergau vir die Passiespel.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.
Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/