Wednesday, August 19, 2009

Praag, Salzburg en Zermatt

Praag, Salzburg en Zermatt
11 – 23 Julie 2010
Slegs gekombineer met Passiespel : ±R35 980

Kom toer saam met Christine van Wyk-Toere na Tsjeggië se mooiste stad, Praag, die musiekstad Salzburg en die betowering van Zermatt, sprokiesdorp aan die voet van die Matterhorn in Switserland.
Ons neem jou op 'n Europese toer wat die verbeelding aangryp. Die toer sluit ook die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau in, waar die lyding en dood van Christus uitgebeeld word.
Praag is bekend as die stad van honderd torings. Tydens ons besoek kuier ons by die Praag-kasteel, die ou middestad met sy kolossale horlosie, die plein met die Hervormer Johannes Huss se standbeeld en die Karlsbrug, 'n pronkstuk oor die Vltava-rivier. Daar is tyd vir inkope (pragtige Boheemse glas) en geleentheid vir 'n opsionele musiekkonsert in die aand.
Christine van Wyk-Toere neem jou van Praag oor die middeleeuse dorpie Cesky Krumlov, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied, na Salzburg. Die grootste middeleeuse kasteel in Europa wat heeltemal bewaar gebly het, troon bo hierdie pragtige stad uit.
Ons sien Salzburg se belangrikste toeriste-aantreklikhede en bring 'n volle dag deur in die verruklik mooi Salzkammergut, 'n vakansie-streek wat deur koning Franz Josef beskryf is as 'n "aardse paradys".
Die dorpies wat ons hier besoek, is Hallstatt, 'n Wêrelderfenisgebied, en Mondsee, waar ons die kerkie sien waarin Maria in die rolprent The Sound of Music met kapt. Von Trapp getroud is.
Ons woon ook 'n Mozart-dinee by waartydens kunstenaars kleredrag uit die Mozart-era dra.
Op pad na Oberammergau vir die bywoning van die tienjaarlikse Passiespel, besoek ons Hitler se Arendsnes, 'n vesting in die Beierse Alpe van waar 'n mens 'n ongelooflike uitsig het.
Ná Oberammergau ry ons na Chur in Switserland. Dit is die wêreld van die kinderverhaal Heidi. Daarvandaan ry ons per trein na Zermatt. Hierdie bergdorpie, waar geen gewone voertuie toegelaat word nie, is prentjiemooi teen die agtergrond van Switserland se landmerk, die Matterhorn. Ons kan per sweefspoor of met 'n tandratspoor die berge uit.
Ons keer via Genève of Zürich na Suid-Afrika terug.
Gebruik hierdie geleentheid om drie van Europa se mooiste lande te sien. Skakel Christine van Wyk-Toere vandag nog.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment