Tuesday, August 11, 2009

Brittanje en die Passiespel 2010

Brittanje
13 Mei – 1 Junie 2010
Met Passiespel: ±R48 200
Sonder Passiespel: ±R36 800
Die toer na Engeland, Wallis, Skotland en Ierland bring u na vier van ons heimat-lande van waar talle van ons voorouers gekom het, met voortsetting na Oberammergau se wêreldberoemde Passiespel.
Die toer begin in die wêreldstad Londen. Daarna reis ons na Wallis, die kleinste van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Van Fishguard af reis ons per veerboot na Rosslare in Ierland.
Die toer word voortgesit na Cobh, Cork, die 'Ring of Kerry' met sy skouspelagtige seetonele, oorhangende rotse, bekoorlike dorpies en helderkleurige plaashuise en na die Killarney Nasionale Park.
In Dublin, hoofstad van Ierland, besoek ons die Trinity College, waar die Boek van Kells te sien is.
'n Veerboot neem ons na die Walliese eiland Anglesey, waar ons die Beaumaris-kasteel besoek. As die weer dit toelaat, onderneem ons 'n treinrit tot op die top van Snowdon-berg, die hoogste punt in Engeland en Wallis.
Ons besoek ook die suidelike Meredistrik van Wallis, die skilderagtige Skotse platteland tot by Glasgow en die Skotse hooglande via Loch Lomond en Oban.
Die volgende dag ry ons met nog 'n asemrowende mooi roete na Stirling. Dié dorp het 'n pragtige 15de-eeuse kasteel waar verskeie Britse konings gebore en gekroon is en wat bekendheid verwerf het by die man op straat deur die film 'Brave Heart' van Mel Gibson.
Daarna besoek ons Edinburg, hoofstad van Skotland, en vertrek vervolgens na München en Oberammergau vir die Passiespel.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.
Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment