Wednesday, August 19, 2009

Amsterdam, Brussel en Parys

Amsterdam, Brussel en Parys
1 – 11/13 September 2010
Met Passiespel: ±R30 980
Met Passiespel en verlengingsopsie: ±R35 590
Sonder Passiespel en verlengingsopsie: ±R25 485

Op hierdie toer neem Christine van Wyk-Toere jou na Amsterdam, Brussel en Parys, ons dek van die mooiste dele van Wes-Europa en ons besoek die Passiespel in Oberammergau. Salzburg en die Salzkammergut kan ingesluit word met ’n verlenging van die toer.
Ons toer begin in Amsterdam, die stad met meer kilometer water en tien keer meer brûe as die Italiaanse waterstad,Venisië. Ons sien die beste van hierdie stad met ‘n Kanaalvaart. Daar is ook geleentheid vir inkope en 'n opsionele besoek aan een van die talle museums.
'n Busrit oor Delft en Den Haag neem ons na die pragtige Brugge in België, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied met kronkelende voetgangerstraatjies, dekoratief gerestoureerde gewel-huisies en sierlike toringkerke.
In Brussel besoek ons onder meer die historiese markplein met sy indrukwekkende Gotiese stadsaal. Die plein word beskou as een van Europa se mooistes.
Die eerste besoekpunt in Parys is die Eifeltoring. Ons stadstoer neem ons verby die Louvre, die katedraal Notre-Dame en die Arc de Triomphe. Daar is ook tyd vir 'n opsionele uitstappie na die Versailles-paleis met sy pragtige tuin.
Van Parys reis ons met 'n onvergeetlike roete oor Freiburg na die Swartwoud en die dorpie Titisee en dan na Oberammergau vir die Passiespel.
Ons is op 11 September terug in Suid-Afrika.
Toerlede wat die toer wil verleng, kan van Oberammergau af na Salzburg reis. Op pad na Salzburg besoek jy dan Hitler se beroemde Arendsnes wat met 'n ongelooflike bergpas – 'n ingenieurswonder – bereik word.
In die Mozart-stad, Salzburg, onderneem ons 'n staptoer. Al die belangrikste besienswaardighede is binne stapafstand van mekaar.
Ons gaan kuier ook by die Salzkammergut, Oostenryk se belangrikste toeriste-area. Sneeubedekte bergtoppe, groen berghange, uitgestrekte woude, diepblou mere, pragtige ou kastele en sprokiesdorpies teen die berghange en in die valleie is prentjies wat jou ewig sal bybly.
Ons sluit ons toer af met 'n Mozart-dinee in Salzburg, waartydens kunstenaars klere uit die Mozart-era dra.
Indien vlugtye ons toelaat, reël ons ‘n kort besoek aan Neuschwanstein, koning Ludwig II se sprokieskasteel.
Die groep wat die verlenge toer kies, is op 13 September terug in Suid-Afrika.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/













No comments:

Post a Comment