Tuesday, August 11, 2009

Maak dit vanjaar 'n Wit Kersfees

Wit Kersfees
16 – 27 Desember 2009 (12 dae)
R25 750

Moeg vir die somerhitte van 'n Suid-Afrikaanse Kersfees, oorvol strande en die nagmerrie van trapsuutjies-verkeer? Los dit. Kies vanjaar Europa in Desember! Dis winter dáár en bitter koud, maar dis 'n onvergeetlike en sprokiesmooi ondervinding.
Ervaar 'n tipiese wit Kersfees met sneeu net waar jy kyk, interessante Kersmarkte, wonderlike musiek en Kersdag in Oberammergau en tussen die Tiroolse berge van Oostenryk.
Naas besoeke aan Wene, Salzburg en Oberammergau besoek ons ook Steyr, die bes bewaarde middeleeuse dorpie in Oostenryk, en die gedenkkapel in Oberndorff naby Salzburg waar die bekende Stille Nag sowat 200 jaar gelede deur 'n plaaslike priester en onderwyser geskryf, gekomponeer en vir die eerste keer uitgevoer is.
In Salzburg is een van die hoogtepunte 'n Mozart-aandete waartydens kunstenaars klere uit die Mozart-era dra.
Op 24 Desember is daar groot pret in Oberammergau: 'n slee-rit met perde in die sneeu! Dieselfde aand geniet die groep 'n groot Kersmaaltyd. Diegene wat wil, kan daarna 'n tradisionele middernagdiens bywoon. Gewoonlik sing 'n koor en orkes wat saam met die Passiespel optree, gedurende die diens.
Kersaand, 25 Desember, hou die groep hul eie Kerspartytjie, waar elkeen 'n geskenkie gee en een kry. Dis groot pret.
Die volgende dag, op pad lughawe toe, doen ons aan by Neuschwanstein, koning Ludwig II se internasionaal bekende kasteel. Dis 'n pragtige gesig om hierdie prentjiemooi gebou in sy wintergewaad te sien – veral wanneer sy torings deur lae miswolke boontoe beur.
Moenie vanjaar se Wit Kersfees-toer, 'n ervaring van 'n leeftyd, mis nie. Skakel Christine van Wyk-Toere en bespreek u plek. Ervare en opgeleide toerleiers vergesel ons toere – mense wat omgee vir elke toerlid.

Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
Epos: info@toere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/
Dis 'n toer wat u nie moet mis nie !

No comments:

Post a Comment