Wednesday, August 19, 2009

Frankryk, Italië, Oostenryk en Duitsland

Frankryk, Italië en Oostenryk
12 – 26/28 September 2010
Met Passiespel: ±R46 450
Sonder Passiespel: ±R36 560

Hierdie ongelooflike toer van Christine van Wyk-Toere neem jou na die pragtige Franse platteland, verskeie van Italië se belangrikste stede met hul besienswaardighede, die Mozart-stad Salzburg en Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel.
Ons toer begin in Nice en St Paul de Vence in die platteland van Provence. Dan volg die Franse Riviera, Monaco en Italië - die land met die meeste UNESCO-wêrelderfenisgebiede.
Die Italiaanse Riviera se Cinque Terre-natuurgebied, waar vyf klein dorpies skilderagtig teen die rotshange vasklou, is ‘n belewenis.
Die leunende toring van Pisa is een van die wêreldberoemde besienswaardighede waar ons tyd sal spandeer. In Florence verwonder ons ons aan die St Maria-domkerk wat 20 000 mense kan akkommodeer. 'n Absolute hoogtepunt is die opsionele besoek aan Michelangelo se Dawid-beeld.
Ons ry deur die skilderagtige Toskaanse platteland na Verona, die idilliese dorpie waar die tragedie van Romeo en Juliet volgens oorlewering afgespeel het, en dan na die sinkende Venesië, menige toeris se droomstad.
Van Venesië ry ons oor die Grossglockner-pas, een van Europa se allermooiste roetes, na Kaprun in Oostenryk. Ons besoek ook Hitler se Arendsnes – die pad daarheen is 'n manjefieke bergpas, wat deur menige as 'n ingenieurswonder beskryf word.
In die Mozart-stad Salzburg stap ons deur die Mirabell-tuin, die middeleeuse Getreidegasse (koopstraatjie), verby Mozart se geboortehuis, oor die Mozart-plein tot by die indrukwekkende katedraal. Bokant ons troon die grootste middeleeuse kasteel in Europa wat in sy geheel bewaar gebly het.
Die toergroep bring 'n volle dag in die Salzkammergut deur. Dit is Oostenryk se belangrikste vakansie- en ontspanningsarea en 'n paradys vir die natuurliefhebber. Ons besoek onder meer Hallstatt, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Ons geniet ook 'n Mozart-konsert/ete waartydens die kunstenaars tradisionele klere uit die Mozart-tyd dra.
Die toer sluit af met 'n besoek aan Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel. Dit is 'n belewenis om te sien hoe hierdie Beierse dorpie se inwoners hul gelofte aan God uitleef met die uitbeelding van die lyding en dood van Christus.
Indien die tyd dit toelaat, besoek ons op pad lughawe toe, die prentjiemooi Neuschwanstein, koning Ludwig II se sprokieskasteel.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan ook Christine van Wyk-Toere se toere meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment