Wednesday, August 19, 2009

Boedapest, Wene en Salzburg

Boedapest, Wene en Salzburg
5 – 13/15 Julie 2010
Met Passiespel: ±R32 785
Sonder Passiespel: ±R23 980
Christine van Wyk-Toere neem jou op hierdie toer na ‘n kombinasie van indrukwekkende stede met eeue-oue geboue, pragtige natuur en ongelooflike musiek.
Ons besoek nie net drie van die wêreld se mooiste stede nie, ons ervaar ook drie kulture wat 'n enorme uitwerking op die sentrale deel van Europa gehad het.
Die toer begin in Boedapest, hoofstad van Hongarye, met 'n bootvaart op die Donau en 'n heerlike aandete terwyl jy die pragtig verligte stad van die rivier af bewonder.
Die volgende dag se stadstoer neem ons verby die wêreld se naasgrootste parlementsgebou. Jy besoek ook die historiese Mathias-kerk met die ruiterstandbeeld van die eerste Hongaarse koning, en die indrukwekkende Heldeplein.
Toerlede het volop geleentheid vir inkope in die groot mark of in talle winkeltjies. In die aand word die besoek aan Boedapest afgesluit met 'n folklorevertoning in 'n tipies Hongaarse restaurant met tradisionele musiek, sang en danse.
Wene is volgende aan die beurt met sy pragtige paleise, skitterende beeldegroepe en weelderige tuine. Ons sien die Schönbrunn-paleis met sy indrukwekkende tuin en woon 'n Mozart-Strauss-konsert in die beroemde Hofburg-teater by – 'n belewenis wat 'n mens nooit vergeet nie.
Op pad na Salzburg vertoef ons by Steyr, die bes bewaarde middeleeuse dorpie in Oostenryk. ‘n Stadstoer in Salzburg en 'n reis daarna na die Salzkammergut is volgende – ons beleef die natuurprag van Oostenryk se belangrikste vakansie-plekke. Een van die interessante plekke wat ons besoek, is die kerkie in Mondsee waar Maria in die rolprent The Sound of Music met kapt. Von Trapp getroud is.
Een van ons hoogtepunte van die toer is ‘n Mozart-dinee waartydens die kunstenaars kleredrag uit die Mozart-era dra.
Ons besoek aan Hitler se beroemde Arendsnes hoog in die Beierse berge is ‘n sprokiesmooi ervaring. Die vesting en pad daarheen is 'n ingenieurswonder.
Oberammergau en die tienjaarlikse Passiespel-geleentheid is ‘n belewenis wat die uitbeelding van Christus se lyding en dood bring tot voor ons toerlede – ons Passiespel-kaartjies is van die beste beskikbaar
Op pad na München vir die terugvlug huis toe, en indien ons tyd dit toelaat, besoek ons Neuschwanstein, een van Koning Ludwig II se sprokiesmooi kastele.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678




No comments:

Post a Comment