Tuesday, October 27, 2009

Salzburg

Salzburg
5 – 12 Augustus 2010
Word slegs met Passiespel aangebied: ±R27 520

Wanneer jou wegbreek net 8 dae is, het Christine van Wyk-Toere die ideaal. Ons neem jou na die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau én na die betowerende Mozart-stad Salzburg.
Salzburg en sy omgewing is onbeskryflik mooi - beskrywende woorde laat nie reg daaraan geskied nie. Die beste manier om die stad te sien, is op 'n staptoer. Al die mooi plekke is naby mekaar: die bekende Mirabell-tuin, die middeleeuse Getreidegasse (inkoopstraatjie), Mozart se geboortehuis, die Mozartplein, die indrukwekkende katedraal, die grootste middeleeuse kasteel in Europa wat in sy geheel bewaar is, en vele meer.
Ons besoek die Salzkammergut, Oostenryk se belangrikste vakansie-area wat deur koning Franz Josef as 'n "aardse paradys" beskryf is. Die idillies mooi dorpies aan die oewer van pragtige mere, sneeubedekte bergtoppe, uitgestrekte woude en pragtige valleie laat onvergeetlike herinneringe.
Een van die aande woon ons 'n Mozart-Strauss-konsert/dinee by waartydens die kunstenaars klere uit die Mozart-era dra.
In Beiere besoek ons Hitler se Arendsnes. Die pad daarheen is een van Europa se mooistes en word deur menige beskryf as 'n ingenieurswonder. Die uitsig bo van die 2 500 m hoë Kehlstein af is asemrowend mooi.
Daarna vat ons die pad Oberammmergau toe. Hierdie dorpie is nie net vanweë die Passiespel beroemd nie, maar ook weens sy ongelooflike muurskilderye, besonderse houtsnywerk en balkonne met die pragtigste blomme.
Ons bly twee nagte in of naby Oberammergau oor. Toerlede is verseker van die beste sitplekke van waar hulle die onvergeetlike Passiespel kan beleef.
Op pad na München vir ons terugvlug besoek ons Neuschwanstein, een van koning Ludwig II se drie sprokiesmooi kastele.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op elke toer – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan die toer ook meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment