Tuesday, October 27, 2009

Rusland Bootvaart

Rusland Bootvaart
21 Junie – 4/6 Julie 2010
Met Passiespel: ±R43 485
Sonder Passiespel : ±R28 920

'n Ongeëwenaarde belewenis in die wêreld se grootste land!
Rusland is 'n wêreld op sy eie – anders, aangrypend, plek-plek onbeskryflik mooi, ander dele primitief agterlik. Maar dis 'n land wat onder jou vel inkruip – een waarheen 'n mens telkens wil terugkeer nadat jy een keer daar was. Die talle kerke met die uivormige koepels , die verbysterende skatte van die tsaars, die Rooiplein, die massas en massas water laat blywende indrukke.
Dit is die land waarheen Christine van Wyk-Toere jou neem op 'n bootvaart van Moskou na St Petersburg. In albei stede is geleentheid vir besigtigingstoere na van die mooiste plekke.
Vir die eerste keer is die hele boot net vir ons toer bespreek. Soos met elke bootvaart is die gerief van een keer uitpak en eers nege dae later inpak, ‘n bonus vir reisigers wat nie daarvan hou om uit tasse te leef nie. Drie maaltye per dag word op die boot ingesluit.
Die boot meer by verskeie plekke langs die Volga vas. Daar is vele geleentheid om uitstappies na besienswaardighede te onderneem of om sommer net inkope te doen by snuffelmarkte wat ander koopware het as waaraan Suid-Afrikaners gewoond is.
'n Engelssprekende Russiese gids vergesel die groep die hele tyd. In die groot stede tree plaaslike gidse op.
Gedurende die Russiese bootvaart is daar volop tyd vir ontspan. Die boot het sy eie musiekgroep wat gereeld saans optree. Daar is taalklasse vir diegene wat die basiese vaardighede van die Russiese taal wil aanleer. Die bootgids beskryf die bloedige geskiedenis van hierdie ontsaglike land.
Vir die vroue is daar uiters leersame inligting oor tradisionele Russiese handwerk. Toerlede leer Russiese danse. Aan die einde van die toer is daar 'n konsert waaraan toerlede ook deelneem en wat gewoonlik groot pret is.
Onder die hoogtepunte wat Christine van Wyk-Toere jou gedurende die bootvaart laat sien, is die ongelooflik mooi ondergrondse treinstasies, die Kremlin, die Wapenkamer (Armoury) en die Rooiplein in Moskou en die Hermitage en Peterhoff of die Pushkin-museum in St Petersburg. Dalk wil jy ook 'n Russiese ballet bywoon?
‘n Ander opvatting oor Rusland talm by jou met jou terugkeer na Suid-Afrika. Hierdie geleentheid is een wat jy nie moet misloop nie.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid. Jy sal dit op die Russiese bootvaart ervaar.
Soos elke toer wat Christine van Wyk-Toere vir 2010 reël, kan jy kies of jy dit saam met of sonder die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau wil doen.

Word deel van Christine van Wyk-Toere se groeiende getal tevrede kliënte. Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment