Tuesday, October 27, 2009

Ontspan op die Ryn

Rynvaart
3 – 16/18 Mei 2010
Met Passiespel: ±R38 820
Sonder Passiespel: ±R26 930
Gekombineer met Switserland : 3-25 Mei 2010
Met Passiespel : ±R47 720
Sonder Passiespel : ±R38 270

Blomme, water, kastele en sommer net lekker ontspan op 'n luukse boot wat deur dele van Nederland, Duitsland, Frankryk en Switserland vaar - dit is wat wag wanneer jy Christine van Wyk-Toere se jaarlikse bootvaart op die Rynrivier meemaak.
Die afgelope 30 jaar bied Christine van Wyk-Toere al die ongelooflike Rynvaart aan. Die toer is oor die jare sodanig vervolmaak dat talle van die duisende Suid-Afrikaners wat dit reeds meegemaak het, weer en weer gaan. Daar is mense wat dit agt, nege, tien keer meemaak. Die Rynvaart is vir hulle 'n jaarlikse vakansie waar hulle saam met mede-Suid-Afrikaners in luuksheid ontspan.
Een groot voordeel van die Ryntoer is dat mens nie elke aand in 'n ander hotel slaap nie. Wanneer jy in jou kajuit uitgepak het, pak jy eers weer twaalf dae later in wanneer die Rynvaart verby is.
Die Rynvaart begin in Amsterdam, Nederland se belangrikste kanalestad. Suid-Afrikaners het geskiedkundig noue bande met Nederland.
Een van die hoogtepunte van die toer is 'n besoek aan Keukenhof, die wêreld se grootste lentetuin. Christine van Wyk-Toere reël die toer spesiaal rondom die tyd wanneer die blommeprag in Keukenhof op sy mooiste is. Keukenhof is net sowat agt weke per jaar oop, en die derduisende tulpe is dan op hul mooiste. Dis 'n onvergeetlike gesig.
Die Rynvaart neem ons ook na Volendam, 'n skilderagtige dorpie wat min van sy eertydse karakter verloor het. Sy talle klein winkeltjies huisves Nederland se grootste kantversameling.
Daarna begin die Rynvaart in alle erns. Ons doen aan by Keulen en besoek onder meer die Dom-kerk, 'n UNESCO-wêrelderfenis. Dit het byna 700 jaar geduur om die kerk te bou.
By Koblenz verlaat ons die Ryn tydelik en vaar met die Moesel, 'n sytak, na Cochem. Die vaart tussen pragtig omringende berge, wingerde, kersiebome in lentedrag en idilliese stadjies aan weerskante is prentjiemooi en nog 'n hoogtepunt van die Rynvaart-toer.
Terug op die Ryn vaar ons na Boppard. Op pad sien ons talle sprokieskastele uit vergange se dae – die meeste van hulle het interessante sages waaroor die toerleiers u meer vertel.
Die besoek aan Rüdesheim word ‘n heerlike snuffelgeleentheid vir inkope. Sy Drosselgasse is een van die bekendste strate ter wêreld. Dié aand besoek ons 'n vrolike kuierplek met opskop-musiek.
Daarna voort na Speyer, wat 'n sleutelrol in die Hervorming gespeel het en waar ons een van Europa se mooiste Protestantse kerke besoek. Die pragtige gebrandskilderde glasvensters sal lank ‘n wonderprentjie bly.
Van Breisach af gaan die toergroep per bus op 'n daguitstappie na die Swartwoud. Op pad sien ons onder meer Duitsland se hoogste waterval, woude sover die oog kan sien, pragtige valleie en besoek ons 'n spesialiteitswinkel vir diegene wat koekoekhorlosies wil koop.
Die Ryntoer sluit af in Basel, van waar die groep na Oberammergau vertrek vir nog 'n hoogtepunt van die toer: die tienjaarlikse Passiespel.
Christine van Wyk-Toere bied die Rynvaart aan met twee opsies: een met die Passiespel en een sonder die Passiespel. U kan ook kies om die Ryntoer na Switserland te verleng.
Switserland se kuier sal nie volmaak wees as ons nie in die bergdorpie Beatenberg tuis gaan nie. Die sprokiesmooi uitsig oor die Thun-meer en die drie bergspitse die Jungfrau, die Eiger en die Mönch is onvergeetlik. Daguitstappies, onderhewig aan die weerstoestande, kan na die mooiste dele van Switserland, waaronder Zermatt, gemaak word. Die aankomsdatum van hierdie groep terug in Suid-Afrika is op 25 Mei.
Daar is ook 'n toer net na Switserland. Dit duur van 16 – 29 Mei en sluit die Passiespel in.
Christine van Wyk-Toere se Rynvaart is 'n gehaltetoer. Ervare en opgeleide toerleiers vergesel sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid.

Om saam te gaan op hierdie onvergeetlike toer skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks : 012 565 5678
E-pos : info@toere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/
Dis 'n toer wat u nie moet mis nie!

No comments:

Post a Comment