Tuesday, October 27, 2009

Betowerende Switserland

Betowerende Switserland
Met Passiespel: 16 – 29 Mei 2010 - ±R28 280
Sonder Passiespel: 14 – 25 Mei 2010 - ±R19 480

Nodig om weg te kom van ons Suid-Afrikaanse winterkoue? Dan is ons betowerende Switserland-toer net die antwoord. Ons gaan kuier in die somer wanneer die weer daar heerlik is en die besienswaardighede so uiteenlopend en interessant dat jy jou nooit sal verveel nie.
Switserland het selfs in die somer volop sneeu – so vir mense wat graag wil baljaar, is daar genoeg sneeu. Die natuurskoon, spierwit berge, groen valleie en talle mere is idillies mooi.
Kom deel in hierdie ervaring van 'n leeftyd! Ons kuier by die luukse hotel Blüemlispalp-hotel in Beatenberg vir die bestek van die toer. Beatenberg is 'n bergdorpie net bokant Interlaken in die hart van die Bernese Hoogland, bekend as die juweel van Switserland.
Hiervandaan word, afhangende van die wispelturige Switserse weer, daguitstappies na verskeie plekke onderneem. Jy kan byvoorbeeld Schilthorn of die Jungfrau besoek, per boot oor die Thun-meer vaar, na die natuurwonder van die Aareschlucht gaan kyk, na Clarens ry om die huis te besoek waar pres. Paul Kruger gesterf het of Luzern toe ry om hierdie interessante stad te verken.
Dis ook moontlik om die pragtige Zermatt te besoek, waar die magtige sneeubedekte Matterhorn soos 'n oogtand die lug in toring. Dis alles prentjiemooi.
So mooi is die uitsig van die hotel in Beatenberg waar ons tuis gaan, dat jy geen enkele opsionele uitstappie hoef te onderneem nie. Jy kan jou heeldag net sit en verwonder aan die natuur met die meer onder jou en die drie hoë bergspitse oorkant die meer.
Interlaken is per bus net 'n rukkie van Beatenberg en bied ook baie goeie inkopie-moontlikhede.
Die toer sluit af met twee dae in Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel, 'n onvergeetlike ervaring. Dis aangrypend om te sien wat die Oberammergauers doen om 'n gelofte wat hulle sowat 375 jaar gelede gedoen het, te bly handhaaf op 'n manier waarop die hele wêreld dit elke tien jaar saam met hulle kan ervaar.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan ook Christine van Wyk-Toere se toere bywoon.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@toere.co.za
Web: http://www.travelentoer.co.za/

No comments:

Post a Comment