Tuesday, October 27, 2009

Middellandse See-Bootvaart

Middellandse See-vaart
4 – 11/15/17 Junie 2010
Met Passiespel: ±R37 200
Sonder Passiespel met Venesië: ±R26 880
Slegs Bootvaart : ±R24 050

Die Middellandse See - ontspanne op 'n luukse boot, waar jy bederf word met elke moontlike gerief, vyfster-etes en die verwondering van die Griekse eilande, Kroasië, Athene en Venesië, is wat Christine van Wyk-Toere jou bied met ons luukse bootvaart.
Van Venesië af neem ons jou deur Noord-Italië oor die Grossglockner-pas na Kaprun in Oostenryk en Oberammergau in Duitsland vir die tienjaarlikse Passiespel in hierdie wêreldberoemde klein Beierse dorpie.
Die Middellandse See-bootvaart is uiters luuks. Verblyf is in luukse en-suite buitekajuite van die Splendour of the Seas. Jy kry drie uitgebreide etes per dag aan boord en koffie en tee met versnaperings dwarsdeur die dag. Alle vermaak en vasmeer, word opsionele uitstappies na besienswaardighede gereël. As jy nie wil saamgaan nie, kan jy steeds ontspan op die boot – daar is geen enkele vervelige oomblik nie. Buitendien, jy kan ook die dorpies waar ons vasmeer, op jou eie verken.
Die bootvaart sluit besoeke aan twee Griekse eilande in : Corfu en Mykonos. Corfu se ou stad is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Dis binne loopafstand van die hawe waar die boot vasmeer.
Mykonos is die eiland waar Hercules volgens die mitologiese legende die reuse verslaan het. Die stad self het talle winkeltjies en stalletjies wat aan toeriste 'n inkopie-paradys bied. 'n Opsionele uitstappie na Delos-eiland laat die geskiedenis van 300 vC herleef.
Die besoek aan die naasgrootste stad in Kroasië, naamlik Split, wat 1 700 jaar oud is, is 'n belewenis. Die ou deel van die stad is volledig bewaar en word steeds bewoon.
Athene, wat reeds in die 5e eeu vC 'n wêreldstad was en beskou word as die geboorteplek van die Westerse beskawing, is een van ons volgende ontdekkings. Hier kan jy die Akropolis-heuwel besoek.
Die boot doen ook aan by die klein vissersdorpie Katakolon. Daarvandaan kan jy 'n opsionele uitstappie onderneem na die dorpie Olimpia, waar die eerste Olimpiese Spele in 776 vC gehou is en waar die Olimpiese vlam nog elke vier jaar aangesteek en wêreldwyd uitgedra word. Hierdie opsionele uitstappie neem jou ook na die Tempel van Zeus, waar sy goue en ivoorstandbeeld, een van die sewe antieke Wonders van die Wêreld, eens gepryk het.
Wanneer die boot weer in Venesië vasmeer, onderneem ons 'n kort toer van hierdie stad wat in die water gebou is. Die St Markus-plein en die talle winkeltjies op die Rialto-brug, sal een van jou hoogtepunte wees.
Hier eindig dit nie. Van Venesië af neem Christine van Wyk-Toere jou per bus deur Noord-Italië oor die onvergeetlike Grossglockner-pas na Kaprun in die Oostenrykse platteland. Die bustoer sluit ontbyt en aandetes in en verblyf in baie goeie hotelle.
Dan volg nog 'n hoogtepunt van die toer: ons reis na Oberammergau, wêreldbekende klein Beierse dorpie vir die bywoning van die tienjaarlikse Passiespel. Dis 'n besondere belewenis wat blywende indrukke laat. Ook die Passiespel se koste is by die toerprys ingesluit! Ons Passiespelkaartjies is van die bestes en is gewaarborg.
Indien die tyd dit toelaat, vertoef ons op pad na München vir die terugvlug na Suid-Afrika by Neuschwanstein, koning Ludwig II se sprokieskasteel met sy boeiende geskiedenis.
Dis die eerste keer dat Christine van Wyk-Toere hierdie bootvaart en landtoer saam aanbiedDit word spesiaal gereël sodat toerlede die mooiste van die Middellandse See-eilande en die pragtige natuur van Noord-Italië en Oostenryk kan beleef. Dis ontspanning op sy allerbeste.
Christine van Wyk-Toere reël toere vir die fynproewer, het meer as 30 jaar ervaring van gehaltetoere oorsee en stuur ervare en opgeleide toerleiers op sy toere – mense wat omgee vir elke toerlid.
Word deel van hierdie Middellandse See-toer. Dit sal 'n onvergeetlike ervaring wees.
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan ook hierdie toer meemaak.

Skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos: info@oere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/
Moenie wag nie, skakel vandag nog!

No comments:

Post a Comment